HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie sit met hul hande in die hare met die toename in misdaad in die Heidelberg-streek, veral inbrake en diefstal.
Kerke word ook nou deur diewe geteiken.
Die afgelope drie maande is daar by verskeie kere ingebreek óf kerkpersele beskadig. Slangrivier loop ook deur.
Baie van die inbrake geskied tydens beurtkrag. Wat egter nou kommerwekkend is, is sedert daar presidensiële kwytskelding aan verskeie aangehoudenes toegestaan is, het veral inbrake en diefstal toegeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’