Update Video
RIVERSDAL NUUS - ACVV Ienkel Dienkel Preprimêr het op 11 Maart hul 30ste bestaansjaar gevier.
Gedurende die week vanaf 6 tot 9 Maart het die skool verskeie pret-aktiwiteite aangebied.
Die verrigtinge is met 'n besonderse optog deur die dorp afgesluit.
‘‘Die skool en almal wat oor die afgelope 30 jaar betrokke was, kyk met trots terug na jare vol genade en seëninge.
"Dis 'n skooltjie waarvan elke kleuter reeds vroeg van droom om by skool te gaan,’’ het die hoof, Amorie Uys, tydens die optog gesê.
Die suksesverhaal is op sterk Christelike waardes gegrond en elke kleuter word in liefde toegevou.
Ouerbetrokkenheid, oop harte en betrokkenheid vanuit die gemeenskap en sakelui is vir die skool 'n riem onder die hart.
Kyk 'n video hieronder:
‘‘Ons uiters bekwame opvoeders deur die jare verseker dat ons kleuters veilig en geliefd by die skool voel... beslis ook gereed vir die grootmenswêreld wat op hulle wag. Mag elkeen wat hul pad met Ienkel Dienkel kruis, Sy liefde en genade elke dag ervaar.
"Ons as personeel wens elke kleuter en hul ouers 'n vreugdevolle en voorspoedige toekoms toe.
"Mag die skool net van krag tot krag groei,’’ het sy afgesluit.
Lees 'n vorige artikel: Ienkel Dienkel word 30
Video: Marize Erasmus
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'