RIVERSDAL NUUS - Ongeveer 85 leerders van Ienkel Dienkel het op 6 September die Hoër Landbouskool Oakdale besoek.
Die rit in die skoolbussie was reeds 'n hoogtepunt en die groep was opgewonde toe die Oakdale-Bulletjie hulle met sy sjarme ontvang.
Hierdie groepie leerders het onder andere die melkstal en die varkhokke besoek waar hulle so ietsie meer van die landbou geleer het.
Die piekniek onder die akkerbome met die verrassingskospakkie wat hul ma's ingepak het, bly vir elke kind iets besonders.
Leerders van Ienkel Dienkel wat die Bulle besoek het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'