ALBERTINIA NUUS - Inwoners in die streek van Buisplaas en Herbertsdale het die afgelope jaar probleme ondervind omdat hulle blykbaar deur die landbouers verhinder word om vis in die Gouritzrivier te vang.
Die saak wat Donderdag 10 Mei in die plaaslike landdroshof aangehoor is, is tot Dinsdag 26 Junie uitgestel.
'n Vorige keer is dit vir ondersoek uitgestel sodat die aangeklaagdes se regsverteenwoordigers hulle vir die saak kan voorberei.
Van die inwoners sê dat die landbouers langs die rivier beweer dat die rivier aan hulle behoort. Icosa het besluit om die inwoners te verteenwoordig en het 'n saak aanhangig gemaak.
"Wat belaglik is, is dat baie van die inwoners permitte het wat deur die departement van landbou en seevissery uitgereik is. Hoe kan permitte dan uitgereik word as dit onwettig is?" het Dawid Kamfer, provinsiale leier van Icosa in die Wes-Kaap gesê. Na die uitreiking van dagvaardings om boetes te betaal, het hy hulle aangeraai om dit nie te betaal nie, omdat hulle regsverteenwoordigers die saak in die hof gaan baklei.
"Ons gaan hierdie saak tot in die hoogste hof baklei. Waar kan 'n God-gemaakte rivier aan mense behoort?"
Van die Icosa-lede, inwoners en vissermanne wat ongelukkig is omdat hulle verhinder word om sekere plekke vis te vang.
*Residents from Buisplaas and Herbetsdale experienced problems the past year because apparently, they were prevented by farmers to fish in certain areas of the Gouritz River. Icosa decided that they will support these fishermen and opened a case.
The case was postponed to Tuesday 26 June.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'