HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het einde Mei onder meer duvets, speelgoed, klere vir kinders en babas aan Ouma Lena se huis oorhandig, en truie, slaapkouse en mansklere aan Soeterus om die nood in die grendeltyd te probeer verlig.
Albei plekke is in Melkhoutfontein. Dit is deel van gemeenskapsprojek genaamd die GET (Group Editors Together) Oliver Twist-projek. Hierdie items is deur lede van die gemeenskap, asook Tabeel op Stilbaai geskenk en baie daarvan is met liefde gebrei.
Persone wat belangstel om 'n helpende hand uit te reik, of hand in die sak (beursie) te steek, kan Suid-Kaap Forum se redakteur, Wilma Adamson by 082 636 1879 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'