STILBAAI NUUS - Anwyn's Acro Dance Academy op Stilbaai het op 19 Maart die nasionale akrobatiese danseksamen afgelê waar al haar dansertjies 'n punt bo 80% behaal het.
Dis voorwaar 'n uitsonderlike prestasie.
Die eksamen is deur die Integrated Artistic Acrobatic Association of South Africa (IAAASA) aangebied.
Volgens die Akademie se afrigter en eienaar, Anwyn Winterbach, dans van hierdie kleintjies maar slegs twee maande en staan sy verstom met hulle vernuf.
Sy sê al die harde werk en ure se oefening was beslis die moeite werd. Sy is natuurlik baie trots op elke akrobaat van Stilbaai, Riversdal en Heidelberg.
Die dansers maak nou reg vir hulle jaareindproduksie Big on Broadway, wat op Stilbaai aangebied gaan word.
Hulle berei ook voor vir hul jaarlikse kompetisie in Gauteng.
Agter van links: Alana Prinsloo (88.66%), Corina Brits (89.33%), Kiara Gray (90.24%), Anwyn Winterbach (afrigter), Anske-Mari vd Linde (86.74%), Tegan Brits (86.82%), Marli Matthee (89.50%) en Danielle Potgieter(83.35%). Middel Dané Cronje (87.80%), Maggie Moore (83.52%), Kayleigh Barkley (88.23%), Elaine Potgieter (91%) en Kaili Landman(92.43%). Voor: Elé Kleynhans (90%), Klara van Wyk (84.70%), Chanté Gray (99%), Juliet Barnes (90.5%) en Rachel Barkley (99.5%). Afwesig: Amelia van der Walt (90%), Michelle Oosthuizen (95.5%) en Helena Oosthuizen (96%).
Dansers van die Riversdal-dansakademie wat ook puik gepresteer het. Voor van links: Minke Leigh Smit (90%), Milanic Gunter (99.5%) en Ané Lamprecht (83.53%). Agter vlnr: Margaret Rall (90%), Ruchelle Erasmus van Heidelberg (91.70%) en Isabella Lamprecht (88.66%).
‘Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus’