HEIDELBERG NUUS - Terwyl baie inwoners van Heidelberg na ’n huis van hul eie smag, staan in Joe Slovo Park ’n halfvoltooide huis wat as vergaderplek vir jeugdiges dien.
Volgens van die bure hou die erg gevandaliseerde plek ’n groot veiligheids-, sowel as gesondheidsrisiko vir hulle in.
Blykbaar is dwelm- en drankmisbruik, asook seksuele aktiwiteite maar ’n paar van die anti-sosiale bedrywighede wat daar plaasvind.
In elke vertrek is menslike ontlasting en kondome en hang daar ’n erge stank in die lug.
Op Suid-Kaap Forum se navraag aan Hessequa-munisipaliteit het Hannes Geldenhuys, boubeheerbeampte bevestig het dat hy op 27 Februarie op die erf inspeksie gedoen het.
Hy het op Maandag 4 Maart ’n geregistreerde kennisgewing aan die eienaars gestuur om die bouwerk binne 21 dae vanaf die datum van registrasie van die kennisgewing te hervat en te voltooi.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'