STILBAAI NUUS - 'n Massastranding van kabeljou in die Preekstoel-strandomgewing, Stilbaai-Oos word deur CapeNature en ander departemente ondersoek.
Honderde van die vis het Maandag, 15 Februarie op die strand uitgespoel.
Mense het die visse begin vang en ander het probeer om lewende visse weer terug in die water te plaas.
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'