HESSEQUA NUUS - Eienaars van troeteldiere word aangeraai om hul diere te laat inent teen hondesiekte (distemper) en katgriep (parvo) na talle diere die virussiektes opgedoen het.
Die siektes is hoogs aansteeklik en dodelik, maar die diere kan gevrywaar word indien hulle tydig ingeënt word.
Veral jong hondjies van agt tot 12 weke oud is besonder kwesbaar vir hondesiekte, maar ouer honde waarvan die inentings nie op datum is nie, is ook vatbaar.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'