HESSEQUA NUUS - Honde in hoofsaaklik die groter Riversdal-distrik loop onder hokhoes (kennel cough) deur.
Gevalle van hokhoes is ook in Heidelberg aangeteken, maar tot dusver nog nie in die res van die Hessequa-streek nie.
Hokhoes is druppeloordraagbaar en word deur die lug, en ook waar honde direkte kontak maak (neuse teen mekaar druk) oorgedra.
Simptome sluit in 'n kwaai, droë hoes, niesbuie, lusteloosheid, verlies aan aptyt en lae koors.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'