HESSEQUA NUUS - Die skool se graad 10-toerismeklas het op 24 Oktober 'n opwindende besoek aan Garden Route Game Lodge gebring.
Deel van die leerders se sillabus is luukse privaat wildtuine. Die dag was baie leersaam en elke leerder het die geleentheid gekry om die diere van naby te aanskou.
Die toer is deur professionele toergidse gedoen, wat die leerders se kennis heelwat verbreed het. Die skool bedank Game Lodge omdat hul leerders elke jaar met gasvryheid ontvang en ekstra moeite met die skole doen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'