RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se jaarlikse sportdinee is op Donderdag 3 Oktober in die skoolsaal gehou om erkenning aan die skool se sportmanne en -vroue te gee.
'n Heerlike driegangmaaltyd is bedien en die saal was pragtig versier.
Toekennings is aan die kapteins van die eerste spanne oorhandig: Adunaike Herling (netbal), Rochelle van Niekerk (dogtershokkie), Peter-Jame Wait (seunshokkie) en Sean Stroebel (rugby). Die interskole-trofee wat vir die agtste jaar in 'n ry in Dasseland bly, is ook aan die kapteins oorhandig. Lyle-Clint Fielies het die Abrie Diener-trofee vir 12 drieë gedruk, waarvan vier tuis was, ontvang.
Spesiale toekennings is aan die volgende leerders gemaak: Iné Lourens (opgeneem in o.18 SA-netbalgroep), Carla Conradie (opgeneem in Proteaspan vir ruiterkuns) en Tinka Fox en Marlé van Wyk (in SA Paralimpiese Atletiekspan opgeneem).
In rugby, netbal, meisies- en seunshokkie is die eerste spanne as wenners vir die beste gees aangewys.
Die spanne met die beste wengemiddeldes was die o.14B-netbalspan, die o.16B-hokkiespan, die o.18A-seunshokkiespan en die tweede rugbyspan.
Die eerste netbalspan is as die beste eerste span vir 2019 aangewys.
Mnr. Piet de Villiers (hoof) is baie trots op die prestasies en beskou dit as 'n uiters suksesvolle sportjaar.
Van links: Adunaike Herling, Peter-Jame Wait, Rochelle Van Niekerk, Sean Stroebel en mnr. Piet de Villiers.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'