HESSEQUA NUUS - Volgende jaar se hoofmeisie, Dine-Mari du Preez is gekies om vanaf 14 tot 20 Desember deel van die jaarlikse jeugleierskonferensie van die Burger by Hoërskool Jan van Riebeeck te wees.
'n Groot aantal aansoeke word hiervoor ontvang wat aan streng keuring onderwerpe is.
Sy sal die geleentheid kry om met jong geesgenote kennis te maak, vriendskappe te smee en na gesaghebbendes, elkeen 'n meester op sy gebied, te luister.
Vanjaar se tema is: 'Die rol van die jeug in kohesie in die Suid-Afrikaanse samelewing'.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'