RIVERSDAL NUUS - Die nasionale onderwysdepar-tement gee jaarliks erkenning aan onderwysers vir uitmuntende diens, onderrig en uitslae in hul onderskeie Obos-streke. 'n Paneel van die WKOD besoek genomineerdes by hul onderskeie skole en wys dan die wenners aan.
Op 24 Augustus het Hardy de Beer, onderwyser, 'n goue toekenning vir sy besondere bydrae aan die hoërskool-onderwys in die Eden/Sentraal Karoo ontvang. Die onderwys is vir die leerkrag nie net 'n beroep nie, maar 'n roeping en passie wat hy daagliks in sy klasse uitleef.
Die skool wens hom geluk en voorspoed toe met die aanwys van die nasionale wenner.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'