RIVERSDAL NUUS - Die matrieks het op 15 Oktober van mekaar afskeid geneem en volgens die skool se tradisie 'n byeenkoms in die saal gehad waar ou foto's van elkeen gewys en laaste toesprake gehou is.
Na afloop daarvan het elkeen 'n slot met hul naam en die jaartal teen die tennisbane se nette gaan vassluit.
"Mag jul toekoms gevul wees met voorspoed en blydskap en mag julle die vrugte pluk van jare se harde werk. Vertrou dat die Here geen struikelblokke oor jou pad sal bring as Hy nie ook vir jou die vermoë gee om dit te oorkom nie. Hou moed, byt vas, bid gereeld, werk hard, en onthou dat ons alles tot die beste van ons vermoë tot die eer van ons Vader doen," het mnr. Piet de Villiers (hoof) gesê.
Dasseland se matrieks van 2019 na afloop van die laaste dag.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'