Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Dit was Hoërskool Heidelberg se laerskoolkonsert op 23 en 24 Mei. Na twee maande se harde werk, het die gordyne oopgegaan. Prinses Sukhanaam het haar naam vergeet. Sy stap deur die mistige woud op soek na haar identiteit.
Sy ontmoet klomp sprokieskarakters, wat haar help om haar identiteit te vind. Veskillende dansgroepe het die gehoor vermaak met hul danse, Bob Marley en Kurt Darren het die ritme gegee.
Die personeel, leerders en ouers van die skool het hard gewerk om die konsert op die planke te bring.
Pragtige kostuums, oorspronklike danse en fantastiese toneelspel het die konsert afgerond. Die hoogtepunt was die vreugde op elke kind se gesig tydens die konsert.
Lees 'n vorige artikel: Hoërskool Heidelberg hou konsert
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'