ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia se jaarlikse diplomaplegtigheid het op 10 Oktober by die skool plaasgevind.
Die saal was gepak deur ouers en lede van die gemeenskap.
Heelwat ouers was verbaas oor hul kinders se prestasies. Diplomas vir die RATEM-Eisteddfod, Verbruikerstudie Olimpiade vir Gr. 11/12, krieket en rugby asook verskeie trofees, skilde en medaljes is uitgedeel. Daar is ook vol- en halfkleure vir sport en akademie toegeken en die sportman en -vrou van die jaar is aangewys.
Die volgende laerskoolleerders het erkenning vir die individuele diplomas verwerf tydens die eisteddfod ontvang:
Hilton Isaacs (goud), Airnique Prins (goud), Darian Saayman (goud), Benito Sammai (silwer) en Zanae Terblanche (goud).
Hoërskoolleerders was Amy-Leigh Arendse (brons), Nakeisha Fielies (brons), Elizke Foxcroft (goud), Adriaan Kenzeni (goud), Ashwin Oortman (silwer), Amelia Ruiters (goud), Jasmine Schwartz (goud en silwer) en Chadley Tarentaal (goud).
Diplomas vir deelname aan die Verbruikerstudie Olimpiade vir gr. 11/12 leerders gereël deur die Universiteit van die Vrystaat het gegaan aan
Jaylin Abrahams, Elizke Foxcroft, Zanele Makinana, Jacobus Maritz, Danicke McIntosh, Sharon Nomdo en Craig Vollenhoven.
Diplomas vir krieket is aan Ashwin Oortman (beste bouler) en Joshwill Saayman (beste kolwer) uitgedeel.
In atletiek is Roshnique Shand as die laerskool Victrix Ludorum, Julandi Baadjies as die junior Victrix Ludorum en Jennelique September as die senior Victrix aangewys. Die laerskool Victor Ludorum is Matayo Jantjies, die junior Victor Ludorum is Deacon Riddles en die senior Victor Ludorum is Aschaldo Kiewiet.
Aschaldo Kiewiet is ook as die beste agterspeler in rugby aangewys, terwyl Fabian Jaftha die beste voorspeler was.
Skilde vir volharding in rugby is deur Lowan Joseph en Joshwill Saayman gedeel.
Die laerskool se Sportman van die Jaar is Ethan Prins. Amy-Leigh Arendse is vir die tweede jaar die hoërskool se Sportvrou van die Jaar. Hoërskool Sportman van die Jaar is Aschaldo Kiewiet, ook vir die tweede jaar.
Laerskoolleerders wat halfkleure ontvang het is Leigh Quin Eksteen, Ronan Pietersen en Ethan Prins vir skaak. Volkleure is aan Amy-Leigh Arendse (skaak-hertoekenning), Emile Damons (atletiek-hertoekenning), Laythum Dilman (skaak), Leigh-Hende Eksteen (skaak-hertoekenning), Aschaldo Kiewiet (atletiek en rugby-hertoekening) en Jasmine Schwartz (akademie) toegeken.
Amy-Leigh Arendse en Aschaldo Kiewiet.
Agter, van links: Jasmine Schwartz, Ronel van der Bergh, Benice Havenga en Leigh-Hende Eksteen. Middel: Lee-Quin Eksteen, Muriel Manho, Micalen Jansen en Enzalin Pietersen. Voor: Jamie Prins, Shakira Roos en Zane Cronje.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'