RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die Bulle het na 'n naweek van mededinging as die wenners van die Interskole-atletiek teen die Hoër Landbouskool Boland uit die stryd getree.
Na afhandeling van die tennis en krieket het ongeveer 280 atlete van albei skole ook op die atletiekveld kragte gemeet. Die geleentheid is deur goeie skoolgees en samesang gekenmerk.
Vier Oakdale-atlete het byeenkoms-rekords verbeter:
- JL van Rensburg (seuns o.15) in diskus (53,89m na 54,86m) en gewigstoot (15,75m na 17,4m);
- Philip Kleynhans (seuns o.17) ook in diskus (51,4m na 56,38m) en gewigstoot (17,01m na 18,03m);
- Pienie Pienaar (seuns o.17) in die 3 000m-stap van 15:04:20 na 14:52:75 en
- Simeon Oosthuizen (seuns o.17) in die 400m hekkies (58,3s na 57,06s).
Oakdale behaal 40 eerste plekke, 34 tweede plekke en 30 derde plekke teenoor Boland se 20 eerste plekke, 26 tweede plekke en 30 derde plekke.
Die Bulle met hul 785 punte teenoor Boland Landbou se 529 het dus die byeenkoms met 256 punte gewen.
Oakdale het ook al die tenniswedstryde gewen terwyl Boland al die krieketwedstryde gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'