RIVERSDAL NUUS - Die tegnologie en die samelewing is voortdurend aan die verander en om tred te hou, word die eeue oue mediabedryf elke dag vernuwe.
Die redaksie van Plaaslik voel dat dit belangrik is om inligting aan Oakdale-lesers op die mees effektiewe manier moontlik voor te stel. Met hierdie doel voor oë het hulle, vergesel deur drie personeellede op 23 en 24 September 'n toer na Naspers in die Moederstad onderneem.
Hulle het by drie tydskrifte, 'n dagblad, asook aanlynvleuel gaan aanklop om meer te leer oor die skryf en uitleg van koerante en tydskrifte, digitaal sowel as aanlyn.
'n Drukpers was vriendelik genoeg om hulle op 'n begeleide toer deur die fabriek te neem. Die redakteurs van twee tydskrifte, Yvonne Beyers en Pierre Steyn het hulle verby slaggate van die joernalistieke wêreld gelei. John Grant Munro, die dagblad se uitleg-ghoeroe, was daar om die Bulle op die belangrikheid van uitleg te wys.
Volgens hom kan verkope met tot 25 000 kopieë toeneem as jou voorblad sy sout werd is.
Die volgende uitgawe van Plaaslik verskyn aan die einde van die kwartaal - hou die skool se Facebook-blad dop.
Van links: Tiaan Viljoen, Gunther von Below, Johan Geyser en Pierre Steyn (redakteur by Weg!). Voor: Pieter Marais, Toast Coetzer (medewerker by Weg!) en Kyle Grundlingh.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'