RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Oakdale Jeugweek is vanaf 3 tot 7 Februarie deur jeugpastoor Niel Hofmeyr aangebied. Hoewel die byeenkomste tussen 18:00 en 20:00 plaasgevind het, is daar ook afsonderlik met klasgroepe geskakel.
Die hoogtepunt was die pa-en-seungeleentheid waartydens ongeveer 250 pa's op die Populierbosveld tent opgeslaan het om kosbare tyd saam met hul seuns deur te bring.
Die boodskap vir die aand was hard en duidelik: "Pa's kan nie van hul seuns verwag wat hulle nie self as voorbeeld uitleef nie. Benut die tyd, want tyd is kosbaar en nie voorspelbaar nie."
Vrydagoggend tydens die manne-ontbyt is op vaderskap as heldeskap klem gelê. Die skool beklemtoon hiermee sy voortdurende fokus op die vorming van verantwoordelike en verantwoordbare jong manne.
Pa's en leerders tydens die Jeugweek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'