RIVERSDAL SKOLE NUUS - Sybrand van Dyk het die hoogste toekenning vir 'n jeuglid van die Voortrekkerbeweging, Presidentsverkenner, ontvang.
Daarmee het hy ook erekleure vir kultuur verwerf.
Om vir 'n Presidentsverkennertoekenning in aanmerking te kom, moet 'n Voortrekker verskeie verkennergebiedskampe bywoon.
Hulle moet ook 'n teoretiese eksamen slaag om vir die afrondingskamp te kwalifiseer.
Hierdie toekenning word op nasionale vlak deur die Hoofdagbestuur toegeken.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'