RIVERSDAL NUUS - Met Moedersdag om die draai het Suid-Kaap Forum by drie oumagrootjies in Ou Meule Tehuis vir Bejaardes gaan uitvind hoe dit was om kinders groot te maak in die dae voor antibiotika, wasmasjiene en vrieskaste.
Hulle vertel hoe hulle die swaarkry met lekkerkry klaargekry het.
“Alles was eerlik en opreg en die kinders kon nog in die straat loop,” vertel Naomi Stander (95).
Destyds is al die kleintjies met kindersiektes in ‘n kamer gehou totdat dit opklaar, want entstof en antibiotika was daar nie.
Hulle het nie ‘n supermark gehad waar klaarverwerkte groente gekoop kon word nie, en hulle moes elke dag vars vleis koop omdat hulle nie vrieskaste gehad het nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'