STILBAAI NUUS - Dit is moeilik om net één vrou uit te sonder wanneer jy 'n wonderlike span vroue het wat almal goed saamwerk.
Elke vrou verdien om hierdie Vrouedag vereer te word. Met 'n besigheid is dit belangrik dat die 'enjin' goed geolie moet wees en momentum behou. In Stilbaai Spar se geval is dit volgens die eienaar, Peet van Staden, die vroue wat alles seepglad laat verloop.
Mannekrag kry nuwe betekenis by dié winkel waar vroue aan die stuur van meeste sake is.
Vier hierdie Vrouemaand saam met Stilbaai Spar en hulle personeel deur jou ondersteuning te wys.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'