HEIDELBERG NUUSFLITS – ’n Brand het ontstaan toe twee jeugdiges op Vrydag 10 Augustus blykbaar heuning wou steel deur die bye uit die korwe uit te rook op ’n plaas naby dié dorp se stortingsterrein.
Die brand het onder meer ’n skuur, trekker, droë veevoer, ’n kragopwekker, kunsmis en saad verwoes.
Volgens die ondersoekbeampte, sp.sers. Whitey Solomon, het die seuns nie daarmee rekening gehou dat die droë voer in die skuur vlam sou vat nie.
Die twee is op waarskuwing in hul ouers se sorg vrygelaat.
Solomon doen ’n beroep op ouers om meer oplettend op hul kinders se gedragspatrone te wees omdat al meer kinders by misdaad betrokke raak.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'