RIVERSDAL NUUS - Na aanleiding van 'Word woordryk' in 'n vorige uitgawe van Suid-Kaap Forum wys die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-Huis hoe 'n roskam regtig lyk.
Omdat daar geen ander materiale behalwe hout en yster was nie is dit van yster gemaak.
Die paar rye yster wat elk uitgesnyde tandjies het sou vir die maanhare en stert gebruik word, hoewel party mense sê dit was vir die perd se hele lyf bedoel. Dit moes die sand waarin 'n perd so lekker kan rol, uitkam.
Handskoene met lagies sagte plastiek-tandjies of plastiek-gel toebehore word vandag gebruik sodat die perd nie seerkry nie. Ongelukkig sal laasgenoemde materiale nie die toets van tyd kan deurstaan nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'