RIVERSDAL NUUS - In 1937 het Suid-Afrika se sterkste man in Riversdal gebly.
Christoffel J. Beukman is in 1908 in Riversdal gebore en het die Hoër Jongenskool tot st. 7 (nou gr. 9) bygewoon.
Sonder enige van vandag se aanvullings om spiere te bou, kon hy die volgende gewigte lig (omgesit na kg): Twee hande dooie gewig 252,6 kg, linkerhand dooie gewig 224,5 kg, regterhand dooie gewig 229,06 kg, twee vingers bo kop opstoot 117 kg, twee hande dooie gewig opgetel van die grond af 317,96 kg en twee hande 'dumbbell' 'clean and jerk' 95,71 kg.
Sy rekord vir uithouvermoë was om 90 keer in drie ure altesaam 41 122.68 kg op te tel.
In 1941 word hy visepresident van die Suid-Afrikaanse gewigstootfederasie en word aangestel as die Kaapprovinsie se amptelike skeidsregter. In 1944 het hy weer die Suid-Afrikaanse rekord gebreek.
Hy het die titel as Suid-Afrika se sterkste professionele atleet van 1939 tot 1949 gehou.
Dit was sy missie in die lewe, om mense en veral liggaamsbouers te wys hoe gesondheid deur oefening en 'n dieet wat die wette van die natuur volg, bevorder kan word.
Opgestel uit inligting en foto vanuit die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-Huis.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'