HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het verlede Donderdag 18 Mei, 17 pas gegradueerde vredesbeamptes in sy midde verwelkom.
Tydens 'n gradeplegtigheid in die Riversdal-burgersentrum is sertifikate aan die suksesvolle kandidate oorhandig.
Die geleentheid is bygewoon deur die Wes-Kaapse premier Alan Winde, minister vir gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, verskeie ander hoogwaardigheidsbekleërs en trotse ouers en familielede van die vredesbeamptes.
Hierdie inisiatief vorm deel van die huidige administrasie se visie om meer voete op die grond te plaas om sigbare polisiëring te verbeter en veilige gemeenskappe te skep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’