HESSEQUA NUUSFLITS - Die plaaslike munisipaliteit spog vanjaar met drie volstatus en drie loodsstatus blouvlagstrande.
Tegniese direkteur Lindile Zincume en die hoof van parke, André Hansen het die blouvlagseremonie op Jeffreysbaai op 4 Oktober bygewoon.
Lappiesbaai en Preekstoel op Stilbaai, asook Witsand het volle blouvlagstatus verwerf.
Gouritsmond, Jongensfontein en Stilbaai-Wes het loodsstatus ontvang.
Gouritsmond het nie volstatus ontvang nie omdat die watermonster geneem was tydens rooigety - en 95% van watermonsters moet aan die SABS-standaarde. Dié strand het 94% status ontvang.
Die blouvlag seisoen sal vanaf 7 Desember vanjaar tot 14 Januarie 2018 strek en lewensredders sal op die strande aan diens wees.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'