Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit spog vir die agste agtereenvolgende jaar met 'n skoon ouditverslag vir die 2020/21 finansiële jaar.
"Ons streef voortdurend daarna om die standaard van dienslewering te verbeter en aan die vereistes van goeie bestuur te voldoen.
"Om 'n skoon oudit te bekom is 'n uitdaging, maar om 'n skoon oudit te handhaaf is 'n selfs groter uitdaging. Ek bedank elke munisipale amptenaar vir hul harde werk en die kwaliteit van diens aan die gemeenskap. Ek is baie trots op al ons amptenare wat met hul toegewydheid verseker dat ons jaar na jaar hierdie uitsonderlike prestasie bereik," het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles gesê.
Die munisipale bestuurder, Johan Jacobs het beklemtoon dat die uitsonderlike prestasie moontlik gemaak is deur Hessequa se raad, wat die administrasie die ruimte gee om hul werk uit te voer.
"Dit is elke amptenaar se bydrae en ingesteldheid van dienslewering, asook skoon prosesse op alle terreine wat uiteindelik tot skoon oudits lei. Wanneer elke amptenaar verantwoordelikheid vir sy dagtaak aanvaar, 'n positiewe gees van dienslewering openbaar, die ekstra tree loop en besef dat ons deel is van 'n goed geoliede masjien, dan kom die soet vrugte van sukses vanself! Om op so 'n hoogtepunt my loopbaan af te sluit en af te tree, vervul 'n mens met dankbaarheid en die wete dat dit goed gaan met Hessequa."
Vorige artikel: 8ste Skoon oudit vir Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'