RIVERSDAL NUUS - Henque Waste se fabriek in Kwanokuthula het Dinsdagoggend omstreeks 04:45 gedeeltelik afgebrand nadat boosdoeners glo die plek aan die brand gesteek het.
Twee verdagtes het van die toneel gevlug en word deur die polisie gesoek.
Die plastiekaanleg, twee vurkhysers en ander masjinerie is vernietig en die skade beloop na raming meer as R10 miljoen.
Henque Waste sal steeds voortgaan om hul normale diense te lewer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'