HESSEQUA NUUS - Dankbaarheid gaan altyd oor tot aksie, en deel van Helpende Hand se dankie-sê-aksie is dat hulle graag 'n netwerk van ere-ondersteuners wil skep.
By Helpende Hand glo hulle dat bejaarde persone en persone met gestremdhede ook hul eie sterktes en gawes het wat hulle met Helpende Hand en die gemeenskap en die samelewing om hulle kan deel.
Hulle het hul eie godgegewe talente wat saam met Helpende Hand se fokus op maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling werklik 'n volhoubare verskil kan maak. Hulle kan ook 'n pilaar van hoop in hul gemeenskappe wees en hierdie hoop saai waar hulle geplant is.
Helpende Hand is trots op hulle ere-ondersteuners en nooi mense om hul vriende en familie wat bo die ouderdom van 80 of wat gestremd is, gratis as ere-ondersteuner aan te sluit.
Met hierdie veldtog wil Helpende Hand jou deel maak van die oplossing; hulle wil saam met jou hande vat en 'n sterker Suid-Afrika bou; hulle wil sy aan sy saam met jou geestelike, sosio-emosionele, fisieke en kulturele armoede beveg.
Besoek www.onstrots.co.za vir meer inligting of stuur 'n e-pos aan die Wes-Kaapse streekorganiseerder by alisha@helpendehand.co.za
'We bring you the latest Hessequa news'