STILBAAI NUUS - Die plaaslike sakekamer vra die gemeenskap se hulp om die bootjie by die N2-afdraai te red.
Sterk wind het die mas vanjaar drie keer afgewaai. Volgens die sakekamer het kwotasies vir die herstelwerk aan die lig gebring dat roes die struktuur sodanig beskadig het dat dit ongeveer R12 000 sal kos om die staal te versterk.
Inwoners word versoek om by te dra sodat die bekende baken betyds vir die vakansietyd op sy pos sal wees.
Deposito's kan in die sakekamer se bankrekening by Absa gemaak word. Die rekeningnommer is 2188-146-166.
Die woord BOOT gevolg deur jou selfoonnommer moet as verwysing gebruik word. Enige geld wat oorbly sal vir toekomstige onderhoud aan die bootjie eenkant gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'