JONGENSFONTEIN NUUSFLITS - Die Jongensfontein Inwonersvereniging (JIV) in samewerking met ander kusskoonmaakorganisasies (Coastal Cleanup Conservation) beoog om op 16 September, wat Wêreld-kusopruimingsdag is, 'n gedeelte van die kuslyn wes van Jongensfontein skoon te maak.
Hierdie 1,7 km-kuslyn, wat ’n gewilde staproete is, is besaai met rommel wat hoofsaaklik vanaf bote hier.
Volgens Miranda van Aardt, een van die organiseerders beloop die program as volg, maar sy noem dat sy nader aan die tyd meer inligting sal deurgee.
Hul beplan om dié dag om 09:00 vir 09:30 by die Seesig Kafee op Jongensfontein bymekaar te kom.
Die groep sal dan in drie spanne, wat uit kinders en volwassenes bestaan, opgedeel word. Die spanne sal per voertuig by die punte afgelaai word.
Vir meer inligting skakel Naas Palmer by 082 630 0230 of Miranda van Aardt by 071 234 9114.
Lees meer in môre se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'