STILBAAI NUUS - Die plaaslike buurtwag het dit ten doel om ‘n kanaal te voorsien waardeur die gemeenskap ‘n betekenisvolle rol kan speel ter voorkoming van misdaad.
"Die buurtwag se doelstellings is ook om ‘n sin van eenheid, toewyding, goeie buurmanskap en goeie verhoudings onder die inwoners van die Hawegebied te koester; asook om as waghond vir die gemeenskap en polisie te dien om die gemeenskap teen kriminele aktiwiteite te beveilig," sê Elize Claassens.
Ander doelwitte sluit in om die gemeenskap aan te spoor om nou met die polisie en ander plaaslike owerhede wat betrokke is by wetstoepassing saam te werk en om te verseker dat die buurtwag binne die raamwerk van die wet optree.
Persone wie belangstel om by die buurtwag betrokke te raak, kan kontak maak met die koördineerders van hulle onderskeie gebiede:
Hawe - George Sabbagha, 083 650 7430
Stilbaai Hoogte - Kerneels Swanepoel, 082 374 4498
Stilbaai-Oos - Pieter Lategan, 082 808 6559
Stilbaai-karavaanpark - Johan Barnard, 071 688 3447
Palinggat Oord – Roelof Maree, 076 275 9604
Preekstoel - Anson Heemro, 072 300 2283
Melkhoutfontein – Chrystal Conradie, 079 252 7131
Jongensfontein - Wynand Potgieter, 072 397 9475
Kloofsig – Frans Malherbe, 083 231 0723
Platbos - Danie Scholtz, 082 411 6768
Lees meer hieroor in Donderdag se uitgawe, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'