RIVERSDAL NUUSFLITS - Community animal rescue services (Cars) speel 'n groot rol ten opsigte van die gemeenskap se troeteldiere.
Cars se hoofdoel tans is om diere in te ent en te steriliseer.
Hulle ent slegs diere wat reeds gesteriliseer is.
Rekord word dan gehou van diere wat reeds ingeënt is, sodat hulle dit later kan opvolg om sodoende die dier te steriliseer.
Omdat almal wat by Cars betrokke is bedags werk, is dit vir hulle moeilik om so spoedig moontlik aksie te kan neem.
Hulle doen 'n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
"'n Algemene jaarvergadering sal by Huis Wallace Anderson op 31 Januarie, om 19:00 gehou word.
"Die gemeenskap van Albertinia, Heidelberg, Stilbaai, Witsand, Vermaaklikheid, Riversdal en Gouritsriviermond word uitgenooi om dit by te woon."
Daar is op die oomblik drie baba hondjies in hul sorg wat wag om aangeneem te word.
Indien jy by Cars betrokke wil raak, stuur 'n e-pos aan Sandra Lots by: sandralotz@telkomsa.net.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'