RIVERSDAL NUUS - Die Blanket Run word deur Solidariteit Helpende Hand-motorfietstak gereël.
Bring dus op jou motorfiets of in jou motor ’n kombers of twee wat jy dié winter vir behoeftiges kan skenk.
Solidariteit Helpendehand sal die komberse versprei.
Hulle vertrek Saterdag 8 Junie om 09:00 vanaf Engen One Stop op Riversdal. Vandaar ry hulle na Heidelberg en vertrek weer om 10:00 van Caltex na Swellendam.
Op Swellendam sal almal by die Barrel en Blues Bar bymekaar kom. Vir die wat nie die dag kan saamry nie, kan komberse by Helpende Hand-winkels afgelaai word.
Vir enige navrae, skakel Corrie by 082 419 1770.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'