Update
ALBERTINIA NUUS - As gevolg aan 'n toename in inbrake op Albertinia, was die dorpenaars genoop om 'n buurtwag op die been te bring.
"Ons kort hulp," sê Stephanie Rossouw wat opleiding aan die buurtwaglede verskaf.
Om die gemeenskap te kan help moet hulle die nodige toerusting, wat duur is, aanskaf. Nie almal verdien die nodige inkomste om betrokke te wees nie, wat dit moeilik maak.
"Ons wil misdaad bekamp en daarom werk ons almal saam met die polisie. Ons stuur 'n duidelike boodskap aan misdadigers dat die inwoners nie misdaad sal duld en nie sal huiwer om enigiets verdag te rapporteer nie. Veiligheid van die gemeenskap kom eerste," sê Rossouw.
Inwoners wat betrokke wil raak of skenkings wil doen, kan Rossouw kontak (072 996 3214).
Lede van Albertinia-buurtwag is gewillig, maar benodig toerusting. Foto: Mariska Visagie
Vorige artikel: Albertinia-buurtwag kort hulp
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'