HEIDELBERG NUUS - Valentynsdag is met mening deur die sowat 300 gemeentelede van JF Neumann Memorial Congregational Church op Heidelberg gevier.
Die geleentheid is gebruik om geld in te samel. Die manne moes die bestanddele vir die nagereg verskaf en help met die versiering van die saal.
Past. Bennie Meyer van die Charis-Bybelskool en gemeente het die aand geopen en Andrew Rossouw het liefdesliedjies gesing.
Die hoogtepunt was die vertoning van uitrustings en Johan Geldenhuys en Brùnhilde Paige het met die prys weggestap.
Die aand was 'n reusesukses en het mense ongeag kerkverband bymekaar gebring.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'