Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Inwoners van Heidelberg het Donderdagaand 27 Februarie met polisie-owerhede vergader om antwoorde op hul kwelvrae te kry.
Die vrae ten opsigte van beweerde wandade en korrupsie was in ’n griefskrif wat op 7 Februarie aan brig. Phumzile Cetyana (waarnemende bevelvoerder Da Gamaskopstreek) oorhandig is, vervat.
Die vergadering wat deur maj.genl. André Lincoln (waarnemende provinsiale kommissaris) gelei is, het volgens korrespondente Alex Marshall en Clive Pretorius aan al die sake aandag gegee.
Kyk 'n video hieronder:
Van links: Lt.kol. Sipho Dyani (plaaslike bevelvoerder), maj.genl. André Lincoln, brig. Phumzile Cetyana, lt.kol. Ans Terblanche (Da Gamaskop-speurders) en sers. Imogene Hendricks. Foto: Alex Marshall, korrespondent
Verwante artikels:
- Inwoners eis optrede teen polisielede
- Optog oor beweerde korrupsie by Heidelberg polisie
- Inwoners braak nog gal oor polisielede
- Polisie in die spervuur
- Student se lewe kortgeknip
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'