Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die nuutgestigde omgewingsbewustheidsgroep het die kundigheid en passie van Pat Esau, natuurliefhebber en plantkundige bygekry.
Die groep, onder leiding van Pierre van der Berg en Louise Kluyts het nie net ten doel om die euwel van rommelstrooi aan te pak nie, maar ook om op die restourasie van die dorp se Culla Uys-natuuurtuin te fokus.
Nagenoeg 45 inwoners, personeel en leerders van Hoërskool Heidelberg het Saterdag 3 November weer ’n skoonmaakaksie geloods om die dorp skoon te maak.
Die aksie het ongeveer 80 sakke vullis opgelewer.
Belangstellendes kan Kluyts by 028 722 1080 of 082 378 4126 skakel.
Voor, tweede van links sit Pat Esau en Louise Kluyts by die groep voor hul vertrek na hul verskeie persele waar hulle gaan rommel optel het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'