Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Huis Zenobia du Toit, ’n tehuis vir bejaardes op Heidelberg het ’n yslike skenking van die Pampoenfeeskomitee ontvang.
Die jaarlikse fees in Maart waarvoor reuse pampoene wat spesiaal gekweek word, lok honderde besoekers.
Die tehuis met sy 72 inwoners het onder meer televisiestelle en ’n splinternuwe waterverwarmer gekry. Hulle het ook breekware en eetgerei ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
Zenobia du Toit tehuis vir bejaardes het ‘n groot skenking ontvang. Foto: Alex Marshall, korrespondent
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'