HEIDELBERG NUUS - ’n Taakspan om die verspreiding van kos aan behoeftige persone op die dorp beter te koördineer, is onlangs gestig.
Sewe lede van die gemeenskap, onder leiding van sameroeper Vennito van Niekerk span saam om ondersteuning in alle aspekte van hulp tydens die pandemie te bied.
Die ander lede van die taakspan is Mark Nicholls, Michael Williams, Abe Daniels, Lisby Pieterse, Anneline Hartnick en Rosaline Jansen.
Volgens ’n verklaring wat die span uitgereik het, het hulle geen politieke agenda nie en dra slegs die belange van Heidelberg se gemeenskap op die hart. Hulle versoek inwoners om die Covid-19 taakspan nie as ’n platform vir persoonlike gevegte te gebruik nie.
Van Niekerk sê hulle beoog om met die plaaslike polisie, gesondheidsentrum en ander organisasies saam te werk om te sorg dat voedselhulp by almal wat dit nodig het, uitkom. Hulle het ook raadslede genader om deel van die groep te vorm.
Die komitee het die gebied in nege blokke opgedeel en beplan om elke dag ten minste een maaltyd aan elkeen in dié blokke te verskaf. Elke blok het een persoon wat kos sal voorberei. Inligting in verband met werklose mense sal deur kontakpersone aan die taakspan deurgegee word.
Die blokke is soos volg: 1: Oorkant die N2 (Van Niekerk) ; 2: Gambleblok (Nicholls); 3: Joe Slovo (bo) (Daniels); 4: Diepkloof (Pieterse); 5: Joe Slovo (middel) (Heinrich Hartnick); 6: Slovo/Dollarsquare (Van Niekerk); 7: Blikkiedorp (Nicholls); 8: Youngsirkel (Suzie Michaels); 9: Hoogstraat (Rosaline Ruiters).
Enige persone of besighede wat bydraes wil maak, word uitgenooi om met Van Niekerk by 082 096 6772 in aanraking te kom.
- Intussen het plaaslike slagter Bertus Olivier weer ’n ruim skenking van gemaalde vleis en sopbene gemaak, wat op Vryheidsdag uitgedeel is.
Berthal September skep sop in bakkies.
Pakkies gemaalde vleis wat Bertus Olivier geskenk het.
Sopbene was deel van Bertus Olivier se skenking.
Nog kos gereed om uitgedeel te word.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'