HEIDELBERG NUUS - Heidelberg se jaarlikse Pampoenfees begin op Donderdag 30 Maart en duur tot Saterdagaand.
Na verwagting sal besoekers vanuit die Kaap en Tuinroete weer op die dorp toesak om saam fees te vier.
Verskeie bekende musiekkunstenaars gaan optree: Etienne Steyn Vrydagaand en dan weer op Vrydag saam met Amoré en Riaan Benade.
Steve Hofmeyr sal Saterdagaand ongetwyfeld die groot trekpleister wees.
Die kompetisie om die grootste pampoen aan te wys begin Saterdagmiddag met die inweeg van die bielies om 16:00 en teen 18:00 sal die kampioenpampoen gekroon word.
Natuurlik sal daar verskeie kosstalletjies wees en 'n biertent met musiek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'