Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die 2021-matriekleerders van Heidelberg se lang gewag na ’n jaar van onsekerheid, het weereens groot blydskap, maar ook trane van vreugde en hartseer gebring.
Hoërskool Heidelberg
Die skool glimlag weer breed oor 2021-matrieks se slaagsyfer van 100% nadat hulle vir die vorige twee jaar nie hul 100% slaagsyfer kon handhaaf nie.
Verlede jaar moes hulle met ‘n 95% slaagsyfer tevrede wees.
77.27% (17) leerders met Baccalareus-vrystelling geslaag, terwyl 22.72% (5) leerders met diplomatoelating slaag.
Nicola Hanekom was die topleerder met haar 83.7% slaagsyfer. Sy het in ses van haar agt vakke onderskeidings behaal.
Fotogalery: Matrieks op Heidelberg opgewonde oor hul uitslae
Daniell Feldtmann het met 80,28% die tweede beste gevaar.
Hanekom gaan in die regte LLB aan Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus studeer, met Feldtmann wat Onderwys VOO aan Universiteit Wes-Kaaplaand gaan studeer.
Kairos Senior Sekondêre Skool
Die skool het effens verswak met hul slaagsyfer van 94.3 % teenoor 95,8% in 2020. Hulle het wel op hul vorige jaar se totaal van 28 Baccalareus-vrystellings verbeter met 37 leerders wat hierdie prestasie behaal het. Dit is die hoogste in die skool se 28-jarige bestaan. 'n Totaal van 23 diploma en ses hoër sertifikaat-vrystellings is ook verwerf.
LEES MEER: Kairos en Hattieland, Heidelberg doen ook goed
Gabriella (Gabby) Vollenhoven is Kairos se topleerder met 'n 78,4% slaagsyfer en vier onderskeidings. Sy is deur Jayme Cillie met 74% en Delrick Davids met 71,6% gevolg.
Vollenhoven gaan Rekeningkunde aan CPUT se Distrik 6-kampus studeer.
LEES OOK: Hoërskool Albertinia matrieks 2021
Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'