HEIDELBERG NUUS - Nadat inbrake in die gebied toegeneem het, het adjudant offisier Alroy Windvogel ’n waarskuwing aan inwoners gerig.
Inwoners en huiseienaars van die dorp, sowel as Witsand, moet vir geen vreemdelinge werkgeleenthede, byvoorbeeld tuinwerk gee nie.
Hy noem dat mense hul huise gesluit moet hou.
Vakansiehuise, huise wat leeg staan en mense wat weggaan met vakansie moet hul huise by die polisie op ’n register registreer.
Sodra ’n huis op dié register is moet die polisie daardie huise op ’n gereelde basis besoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'