Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Heidelberg en Slangrivier se inwoners is ontsteld oor die bruin water wat sedert Vrydag uit hul krane vloei. “Ons kan nie die water drink nie, en wil nie eers daarin was nie,” het een inwoner gesê.
Volgens Harold Basson, direkteur: tegniese dienste by Hessequa-munisipaliteit, ondervind Overberg Water, by wie water vir Heidelberg, Slangrivier en Witsand gekoop word, ’n probleem met ’n sluitpomp by hul suiweringsaanleg by die Duivenhoksdam.
Die aanleg is afgeskakel sodat die fout herstel kan word en Basson versoek dat water spaarsamig gebruik word.
Die probleem het nog nie na Witsand oorgespoel nie, maar daar is gelukkig ’n alternatiewe sonkrag-aangedrewe ontsoutingsaanleg.
“Overberg Water kan nie vir ons sê hoe lank dit gaan neem om die probleem op te los nie. Intussen stuur ons tenkwaens met skoon water na die munisipale kantore op die dorpe waar inwoners gratis water kan gaan haal.” Hy beveel aan dat die bruin water voor gebruik gekook word, of dat gebottelde water gebruik word.
Suid-Kaap Forum sal lesers op hoogte hou van verwikkelinge.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Vuil drinkwater.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Bruin water ontstig inwoners
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'