HESSEQUA NUUS - Inwoners van Heidelberg en Slangrivier is in rep en roer oor die toestand van die water, wat reeds vir 'n paar dae baie bruin en 'n modderige smaak het.
Suid-Kaap Forum se korrespondent op Heidelberg is vanoggend (Dinsdag) deur inwoners oorval met klagtes oor die toedrag van sake.
Inwoners vrees dat die water tot erge siektes kan bydra.
Navraag is aan die munisipaliteit gerig, maar geen kommentaar is tot dusver ontvang nie. Lesers sal op hoogte van sake gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'