HEIDELBERG NUUS - Die nuutgestigte Heidelberg-taakspan wat hom ten doel stel om na die behoeftes van werkloses en armes om te sien, is daagliks besig om die nood in die Covid-19 grendeltyd vir talle draagliker te maak.
Die taakspan is in nege wyke verdeel wat al die strate en singels in die woonbuurt dek. Sedert begin van Mei voorsien hulle reeds twee keer per week al nege wyke van gekookte maaltye.
Weldoeners wat voorheen self kospakkies uitgedeel het, het groot ongelukkigheid veroorsaak deurdat dieselfde gesinne in dieselfde strate soms tot drie keer per week kospakkies ontvang het, terwyl die res van die behoeftiges in ander dele van die woonbuurt oorgeslaan is. Slegs enkeles het met instansies soos die rugbyklub saamgewerk wat 'n beter verspreiding van kos kon verseker. Sedert die skenkings en die uitdeel daarvan gekoördineer word, is skenkers en begunstigdes blykbaar tevrede.
Die span werk baie nou met die groot kruidenierswinkels en ander besighede in die dorp saam, wat weekliks 'n vaste hoeveelheid van kos aan hulle voorsien. Die dorp se mense het die werk van die taakspan raakgesien en weldra is 'n bedrag van sowat R8 000 in kontantskenkings ingevorder. Mense wat met die span in aanraking wil kom, kan met die sameroeper, Venito van Niekerk by 082 096 6772 skakel.
Die Covid-19-taakspan het sy werksaam-hede onlangs uitgebrei. Die jeug van die dorp en studente wat met vakansie is, asook jong onderwysers is deur hulle nadergetrek om aansoekers by te staan om hul aansoeke vir die regering se R350-toelaes korrek in te vul en gereed te kry.
Die pandemie is besig om gemeenskappe duur lesse te leer. Een hiervan is dat indien ons in tye van krisis wil oorleef, moet ons hande vat (figuurlik) en saamstaan. Dit wil juis lyk of hierdie stryd 'n lang en moeilike een gaan wees met baie ongevalle langs die pad.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'