HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike buurtwag in Heidelberg, onder leiding van sers. Danwill Josephs, is dringend op soek na vrywilligers om by hulle aan te sluit.
Veral inwoners van Heidelberg word versoek om hul hulp aan te bied om misdaad te bekamp.
Inwoners van Slangrivier en omliggende plase word ook aangemoedig om aan te sluit.
Volgens sers.Imorgene Hendricks, plaaslike polisieskakelbeampte, het hulle nuwe toerusting vir buurtwagte vanaf die departement gemeenskapsveiligheid ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’