Breaking News Update
TUINROETE NUUS - Die Oudtshoorn Courant het pas betroubaar verneem dat Dale Harmse wat vanoggend uit die polisieselle op Mosselbaai ontsnap het, in George in hegtenis geneem is.
Volgens kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het hy homself glo as iemand anders wat vir oproerige gedrag gearresteer was en vanoggend vrygelaat moes word, voorgedoen en by die polisieselle uitgestap.
Polisiebeamptes van Mosselbaai is op pad George toe om hom te gaan haal.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'